

BRUINSOUS
Foto en idee: Koos van der Merwe
Daar het nou al ‘n paar keer mense gevra hoe maak ons, ons eie bruin sous/Gravy.
Ek het gisteraand Lam Tjops in die oond gebak.
Soos die sous nou uit bak bly dit in die pan lê.
As jy dit lank los soos in die geval oor nag dan is dit die volgende oggend soos Marmite in daai pan.
Ek het water by gesit, so 200 ml en op die stoof se plaat gesit om stadig te kook.
1 Blokkie Lamb Stock by gesit en gekook tot alles mooi los is in die pan en die Stock gesemelt is. …
1 eetlepel Maizena met 30 ml warm water aan gemaak en by gevoeg. Alles gekook tot dit mooi stol.






