BILTONG-REPIES (STRIPS)
Ek maak dit al baie jare suksesvol.
Sny die Silverside mooi skoon van alle senings.
Sny dit op in repies, na eie smaak, met ‘n baie skerp mes (Skoon snitte).
Strooi ‘n enkel lagie growwe sout op die bodem van ‘n skoon plastiek bak wat ‘n deksel het om dit te seel.
Strooi, ‘n lagie gemaalde, geskroeide koljander (nie poeier), ‘n lagie Crown National Biltong spices “original” en sprinkel bruin asyn en Worchester sous oor om dit klam te maak. (Ek strooi ook ‘n bietjie swart peper, maar almal hou nie daarvan nie) Pak ‘n enkel laag vleis repies op die mengsel, baie dig teen mekaar, maar dit moet nie oorvleuel nie. Herhaal alles in die eerste laag todat al die vleis “ingele” is.
Laat staan oornag met deksel op in ‘n koel plek. Meng deur die volgende oggend.
Le dit uit op plastiek “mesh”droograk en skakel ‘n waaier aan om dit te droog.
Die eerste “sticks” sal so binne ‘n dag of minder reg wees, afhangende van die dikte wat dit gekerf is.
Volg dieselfde resep vir Chilli bites, strooi net Chilli Bite spices van crown National ook oor.
Source: Marieta Ueckermann Voges








