Sny diep kepe in hoenderboudjies of dye (help vinniger gaar word), sout en drizzle met olyfolie, en braai op gietyster plaat.
Terwyl dit braai, rasper 3 knoffelhuisies fyn, kap 4 salot uie fyn (shallots). Sprinkle ruim met sout, vinegar, Worcestershire sauce en so 3-5ml suiker (om suur te breek).
Kap 4 geskilde tamaties fyn, jy kan die sous en pitte uitdruk en bere vir later as dit te sappig is. Voeg by uimengsel met ruimskoots knoffelolie. Meng.
Meng vars kruie van jou keuse by. Dit moet vars wees, die smaak hang af van dit. Ek het halfkoppie gekapte pietersielie (klaar gekap afgemeet), ‘n handvol basil, een takkie roosmaryn en bietjie tiemie ingesit.
Wanneer hoender klaar gebraai is, gooi kruiemengsel oor hoender. Maak seker al die vleis kry van die kruie. Maak toe met foelie en wag 5 minute om te marineer. Dien op.
Bere die oorbly kruiemengsel (na opdiening bly daar oor in die bak) in die diepvries vir ‘n volgende gereg, dalk ‘n bredie of iets.
DISCLAIMER: Ek vra verskoning as die resep in die tydskrif verskil met hoeveelhede/kruie. Ek het van TV show af notas gemaak, en dis hoe ek my hoender gemaak het.
Resep en foto: Kiti De Jager