Bestandele wat ek gebruik het…
*2 pakke repies bacon
*500g maalvleis
*1 en halwe ui (kan ander helfde in die slaai sit)
*So paar stywe gooie Worschtershire sous.
*Spur hichory basting – na smaak
*Sout, peper en sweet basil – na smaak
*Knoffel – na smaak
*Gewone Tortilla chips gecrunch!
*2 van 2cm x 2 cm x 15cm wit kaas.
*Tandestokkies
*Glad wrap
METODE:
1. Voorverhit oond op 180°
2. Smeer n lekker grote oondbak
3. Plak ‘n lekker stuk glad wrap op toonbank.
4. Pak repies bacon styf langs mekaar -eers net een pak.
5. Meng al die ander bestandele (behalwe tandestokkies en extra pak bacon en kaas)
6. Vat helfde van die gemende mince en druk dit lekker plat bo op die repies bacon.
7. Sit van eenkant tot anderkant jou repie kaas in.
8. Vat nou die glad wrap en begin dit rol tot aan einde.
9. Doen nou nog een.
10. Tel versigtig op en sit in gesmeerde oondbak
11. Vryf nog Spur basting sous bo-op.
12. Bak vir 25min op 180° , sit nog basting oor en bak vir nog 10min, sit nog op en bak vir nog 5min.
13. Nou rol dit versigtig oor die crunchie toltilla chips en berei voor saam slaai en aartappels of ander groente.
Ons was 7 mense wat geët het.
Nota: Ek het ook net bestandele soos dit my smaak ingesit. Net 5 goed is die basis…
Bacon
Mince
Wit harde Kaas
Basting
Tortilla chippies
Bron: Wylene Grobler