ANNELISE SE WILDSPASTEITJIES
Deeg
Bestanddele:
2 k koekmeel
½ t kremetart
¼ t sout
250 g harde botter
Sodawater (genoeg om ‘n deeg mee te vorm)
Metode:
Meng koekmeel, kremetart en sout. Vryf die harde botter in met jou vingerpunte tot lyk soos growwe mieliemeel. Maak aan met sodawater. Plaas rukkie in yskas. Rol uit en gebruik vir konfyt tertjies of vleis pasteitjies. Bak by 180 Grade C tot mooi bruin
Vulsel
Ek het gister by ons kosvriende gevra hoe ek die vleis moet gaarmaak en toe het ek uit hulle advies die vleis gegeur. Het nie n resep nie eintlik was dit net sout peper naeltjies koljander en asyn. Toe die vleis gaar is het ek aartappels en uie saam gekook tot sag en dit toe ligies by die vleis ingewerk.
Annelise Engelbrecht








