

WAATLEMOEN-EN TAMATIE-GAZPACHO
Hoeveelhede na smaak:
waatlemoen, geskil, in stukke gesny en pitte verwyder
tamaties, geskil en in stukkies gesny
knoffel en speserye
seesout
bietjie growwe swartpeper
25 – 30 ml sushi-asyn of bietjie suurlmoensap en gerasperde skil
Versap gelyke hoeveelhede waatlemoen en tamaties.
Geur na smaak ‘garlic and herb’ geurmiddel en met seesout en growwe swartpeper.
Voeg laastens die sushi-asyn by of bietjie suurlmoensap en gerasperde skil.
Roer en proe maar deurentyd om by jou smaak te pas. Mens moet maar baie proe met die maak van die resep!
Bedien baie koud!
Geniet terwyl die somer nog vir ons ‘n kansie gee.
Resep en foto: Helene Kluge







geskuif