ROGBROODJIE IN BROODMASJIEN
Ek het ‘n paar weke gelede gevra vir ‘n rogbroodresep vir die Sunbeam masjien en toe hierdie ene gekry.
150 ml water
7.5 ml sout
1 eier
125 ml plein joghurt
2 eetlepels botter
2 eetlepels molasse
1½ koppies broodmeel
1 koppie koekmeel
1½ koppie rogmeel
1 eetlepel karwysaad (opsioneel)
¼ teelepel koeksoda
2¼ teelepel gis
Pak bestanddele volgens die handleiding van die masjien
Gebruik stelling nr 5 vir 1 kg / 2lb broodjie.
Resep en foto: Johann Viljoen
Posted: Amanda Conradie









Johann Viljoen
Uiteindelik is die rogbroodjie reg. Nog bietjie gekreukel bo, maar ten minste nie weer ingesak nie. Ek het 1 koppie broodmeel vervang met 1 koppie koekmeel soos die slimmes voorgestel het. Baie dankie!