ROGBROODJIE IN BROODMASJIEN

rogbroodjie in broodmasjientested

ROGBROODJIE IN BROODMASJIEN
Ek het ‘n paar weke gelede gevra vir ‘n rogbroodresep vir die Sunbeam masjien en toe hierdie ene gekry.

150 ml water
7.5 ml sout
1 eier
125 ml plein joghurt
2 eetlepels botter
2 eetlepels molasse
1½ koppies broodmeel
1 koppie koekmeel
1½ koppie rogmeel
1 eetlepel karwysaad (opsioneel)
¼ teelepel koeksoda
2¼ teelepel gis
Pak bestanddele volgens die handleiding van die masjien
Gebruik stelling nr 5 vir 1 kg / 2lb broodjie.

Resep en foto: Johann Viljoen
Posted: Amanda Conradie