VISVINGERPASTEI
Weet nie of iemand dit al gemaak het nie, maar ek sal weer, dis heerlik.
Winkeldeeg uitgerol, deeg in bak,
laag visvingers,
laag gesnyde knopie sampioene,
laag gerasperde cheddar kaas,
dan laag skyfies tamatie
en weer laag visvingers, Toegemaak met deeg, gesmeer met eier, gebak by 180 vir 1 uur. Mens proe die visvingers en dis wat ek wou he, nie allerhande souse en speserye nie, net bietjie gemaalde sout en peper op die tamatie
My visvingers was nog half gevries
BRON – Mariette Heydenrych-Kotze








