TUISGEMAAKTE TAMATIESOUS
(MA ANNATJIE)
5 kg tamaties
25 ml sout
1 kg suiker
25 ml fyn gemmer
25 ml koljander
25 ml fyn naeltjies
25 ml swartpeper
5 groot uie
1,5 liter asyn
2 knoffelhuisies
Verpulp (of sny fyn) uie en tamaties. Kook saam behalwe gemmer en peper tot baie sag. Vryf deur sif. Laat stadig kook. Voeg gemmer en peper by. Roer aanhoudend, anders brand dit. Laat kook tot verlangde dikte. Bottel en bêre.
Nota: Met hierdie resep is dit baie maklik om te skat: 1kg tamaties gee 1l tamatiesous. Ek het 6 kg vars tamaties opgesit.
Foto’s en Bron: Kiti de Jager









Wenke:
(1) Trek skille af voor jy kook.
(2) Druk pitte uit in sif, en sit sif met pitte en al bo oor terwyl dit kook vir ‘n rukkie. Die lagie om die pitte kook af in jou mengsel in, en jy gooi die pitte net weg (minimise later se deur sif vryf ongelooflike baie).
(3) As klaar gekook is, gooi deur vergiettes, kook “water” tot dik en intussen gooi die pulp in ‘n voedselverwerker en maak so fyn jy kan. As jy dit nou deur die sif sit, skud jy daai sif net en dit val deur. BAIE minder werk en baie minder wat jy weggooi. En jy hoef nie te staan en roer om brand te voor kom nie, jy gooi eers die pulp terug as jou water stroperig-dik is. Geen aanbrand.
(4) As die kleur jou nie aanstaan nie, gooi twee eetlepels tamatiepasta by. Dit maak dit rooier, maar dan is dit nie preservative free nie.