SUKSES PANNEKOEK
(Wenresepte 3)
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
2 eiers
200 ml melk
175 ml water
5 ml suurlemoensap
125 ml sonneblomolie
Klits die water, melk, eier en suurlemoensap saam. Meng olie by.
Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.
Voeg die meelmengsel by eiermengsel en klits goed. Beslag so dik soos room. Laat dit ‘n rukkie staan.
Smeer ‘n braaipan, liefs een met kleefwerende afwerking, baie effens met sonneblomolie en verhit tot goed warm.
Roer beslag en bak pannekoeke daarvan.
Lewer nagenoeg 12 middelslag-pannekoeke.
Foto: Issie Snyman
Rina Kleinhans, ek het gevind dat ek maar af en toe ‘n druppel olie in my pan moet drup, maar baie lekker!








