SOUTHAPPIE VIR TV
1 blikkie bully beef
2 eiers geklits
500 ml koekmeel
olie
15 ml bakpoeier
melk en water gemeng
sout
gekapte pietersielie
Maak vleis fyn met vurk en voeg meel, bakpoeier, eiers en sout en pietersielie by die vleis. Meng met water en melk tot slap deeg. Verhit olie in diep kastrol. Gooi lepelsvol van vleismengsel in olie dit draai self om. Braai tot bruin en laat afkoel.
GENIET!
Geraldine Chantel Combrink- Ek het die beef met 300g gaar maalvleis vervang








