SOET MOSTERD
Ja soet mosterd. Jy kan seker sê soet/suur want daar kom suiker en asyn in. Dis heerkik! Word ook genoem wondermosterdsous.
250 ml suiker
3 eiers
100 ml witasyn
25 ml mosterdpoeier of na smaak
Knippie sout
Ek meng eers die mosterd met die asyn om klontjies te voorkom.
Plaas alles in ‘n pot en prut stadig tot dik en die skuim weg is.
Ek roer ook maar aanhoudend om te voorkom dat dit nie aanbrand nie.
Steriliseer botteltjies en dekseltjies en skep mosterdsous in en seël dig.
Ek het die mosterd resep 3 dubbeld aangemaak om die hoeveelheid op die foto te kry.
Foto en resep: Adri Van Zyl








