PIETER SE BEESVLEISPASTEI
5 koppie koekmeel
1 eier
5ml sout
10ml suiker
2 pakkies gis en lou water, geknie en laat rys vir so uur, uitgerol en in n diep oondpan gesit.
Stewing beef klein opgesny met net die basics.
Geen sout, vervang dit met bruin uiesop poeier.
Vul die pan so driekwart met die vleis en sit n laag deeg bo-oor.
Rol die kante dan oor ek het die deeg wat oor was in repies gesny en bo oor gesit net vir die mooigeit.
verf met eier en steek n paar gaaitjies in.
Bak in oond vir so 45min teen 180grade of tot goudbruin.
Maak jou eie vulsel soos jy goed dink maar my kombinasie was baie lekker en die deeg het awesome uitgekom en was regtig lekker!
Resep en foto: Pieter Venter
Posted: Amanda Conradie








