PAMPOENTERT
3 koppies gaar pampoen
250 ml room
250 ml suiker
250 ml melk
250 ml meel
2 eiers
10 ml bakpoeier
knippie sout
115 ml gesmelte botter
Klits room, eiers en suiker saam.
Voeg res van die bestanddele by en bak vir 1 uur teen 180°C.
Of
750 ml gaar pampoen (3 koppies)
1 blikkie Ideal melk of 150 ml melk en 150 ml room
3 eiers
15 ml bakpoeier (3 teelepels)
250 ml koekmeel (1 koppie)
250 ml suiker (1 koppie)
knippie sout
kaneelsuiker
Kook jou pampoen met n kaneelstokkie tot sag.
Dreineer dit en druk dit fyn.
Gooi die eiers, Ideal melk, meel, suiker, bakpoeier en sout in n mengbak en klits goed.
Gooi die pampoen by die mengsel en roer goed deur.
Spuit of smeer ‘n oondbak en gooi die slap pampoenmengsel in die oondbak.
Bak vir 60 minute by 180°C.
Strooi kaneelsuiker oor (125 ml witsuiker en 10 ml fyn kaneel gemeng).
Resep geplaas deur Marilyn Gombert
Foto: Janni Bezuidenhout
Posted: Amanda Conradie









Ek het die eerste opsie gebruik en in die mikrogolf gebak vir +-20 min. Kaneelsuiker bo-oor gegooi. Absoluut heerlik. Het dit al ‘n paar keer gemaak en dit bly ‘n wenner!