OONDGEBRAAIDE LAMSKENKELS
Het vanaand ‘n nuwe resep probeer……moet sê dit lyk heerlik en kan nie wag om dit te proe nie!
30 ml olyfolie
4 lamskenkels
Sout en varsgemaalde peper
1 ui gekap
3 groot wortels (dik kante in ringe dunner kante net in die helfte gesny)
2 selderystingels gekap
2 knoffelhuisies fyngekap
2 takkies vars roosmaryn
1 blik 400gr heel tamaties opgesny
Verhit oond tot 180C. Gooi olyfolie in diep oondbraaibak. Sit skenkels in en geur met sout en peper. Oondbraai vir 1 uur tot bruin. (ek het my uie na die eerste halfuur bygevoeg en lekker saam met skenkel gebraai voordat ek die res van die groente bygevoeg het) Plaas res van bestanddele in oondbak. Maak toe met tinfoelie en plaas terug in oond. Oondbraai nog ‘n uur. Haal tinfoelie af end oondbraai nog ‘n uur of totdat vleis heeltemal sag is en byna van die been af been afval.
Bedien met rys en ‘n lekker groen slaai. (myne was na 2 1/2 uur gaar)
FOTO – Rosemarie Maytham
Geskuif