Bedien saam met woodfired ciabatta:
Benodig
Feta Kaas
Knoffel(Heel huisies)
Cocktail Tamaties
Vars Roosmaryn
Gesnyde rooi uie
Spuit bietjie spray and cook onder in n pan of bak of gooi bietjie olyf olie in.
Pak lae in die bak.
Feta Kaas, Heel knoffel huisies, Cocktail tamaties, vars rosemaryn en laaste die gesnyde Rooi uie.
Gooi nog olyf olie oor als.
Die Olyf olie help dat dit nie te hard bak nie.
Strooi gemaalde growwe swart peper oor
Bak in oond op 140 grade vir 60 min.
Die knoffel moet sag wees.
Jy kan nou nog gemaalde swart peper oor strooi as jy meer smaak van peper wil gee.
Bron Liezl Louw