

KONDENSMELKKOEKIES SONDER EIERS
250 g margarien
1 blik kondensmelk
5 ml vanilla geursel
3 ¼ koppies koekmeel
¾ koppie maizena
7 ml bakpoeier
knippie sout
Klits margarien tot lig en voeg kondensmelk en vanilla by.
Meng meel, maizena en bakpoeier en voeg by bottermengsel.
Rol in klein balletjies en druk effens plat met vurk.
Bak vir 15 min by 180ºC.
FOTO – Annelise Engelbrecht






