

KLEWERIGE SKAAPRIBBETJIE
2 skaapribbetjies deur gesny
Marinade:
5 cm vars gemmer, gerasper
2 knoffelhuisies, fyn gerasper
125 ml heuning
125 ml ligte soyasous
60 ml soetrissie sous
45 ml olyfolie
15 ml fyn appelkooskonfyt
5 ml geroosterde komyn
60 ml vars suurlemoensap
Seesout en vars gemaalde swartpeper na smaak.
Pak ribstukkies in n’ enkellaag in n’ nie-metaal bak. Meng alles vir die marinade goed saam en giet oor die vleis . Bedek en laat marineer vir een tot twee dae in yskas. Draai ribstukkies nou en dan om om seker te maak dat dit egalig meng. Dit werk goed om die hele spul in n’ sterk deurskynende plastiek sak marineer.
Haal uit yskas en laat dit kamer temperatuur bereik.
Braai op n’ matige hitte tot klewerig en bros.
Heerlik saam met aartappel, koolslaai en rooiwyn of paar koue biere. Wonderlike beurtkrag maaltyd. Beste met kerslig. Eet met die hand. Sorg vir genoeg servette.
Sit terug en geniet die komentaar van jou gaste. Hulle sal die ribbetjies altyd onthou.
Resep geplaas deur Louw LP Senior
Foto: Christina En LP Louw






