

KERRIEMAALVLEISPASTEI MET ROL DEEG
Basiese kerriemaalvleis:
kookolie
2 uie, in ringe gesny
15 ml fyngedrukte knoffel (1 eetlepel)
15 ml kerriepoeier (1 eetl)
2 ml fyn komyn (jeera)(½ teelepel)
2 ml fyn gemmer (½ teelepel)
2 ml fyn koljander(½ teelepel)
1 heel kaneelstok
500 g maalvleis
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
10 ml (2 teelepels) fyn appelkooskonfyt
15 ml (1 eetlepel) tamatiepasta
1-2 medium groot tamaties, ontvel en fyngekap
5 ml (1 teelepel) botter
Bolaag:
450 ml (1 ½ koppie) koekmeelblom
7 ml (1 ½ teelepel) bakpoeier
2 ml (½ teelepel) sout
7 ml (1 ½ teelepel) kerriepoeier
75 ml (5 eetlepels) botter of margarien
Melk
Vulsel:
50 ml botter
50 ml blatjang
50 ml sultanas
25 ml (5 teelepels) droë klapper (opsioneel)
Berei die basiese maalvleismengsel en skep in ‘n oondvaste bak.
(Braai die uie en knoffel saam sit die speserye by en braai rukkie, sit die maalvleis by en braai tot vleis mooi gaar is, meng jou konfyt en pasta en sit by saam met die tamaties. kook lekker deur.)
Voorverhit die oondtot 180°C.
Bolaag:
Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter in. Voeg net genoeg melk by om ‘n uitrolbare deeg te maak en meng liggies deur. Rol die deeg tot ongeveer 6 mm dik uit.
Vulsel:
Meng al die bestanddele vir die vulsel en smeer oor die deeg. Rol op en sny in 1 cm dik skywe. Pak die skywe op die kerriemaalvleis en bak vir 30-40 min lank in die voorverhitte oond of tot die deegskywe gaar en effens ligbruin bo-op is.
Lewer 4 porsies.
Resep geplaas deur Amanda Conradie






