

(sowat 30 stukke)
230 g botter (250 ml)
200 g stroop (125 ml)
250 g suiker (310 ml)
5 x 250 ml springmielies reeds gemaak
300 g gesoute grondbontjies (500 ml)
5 ml Vanilla
Plaas botter, stroop en suiker in ‘n diep mikrogolfvaste mengbak. Mikrogolf mengsel sowat 10-15 min lank by volle krag of tot mengsel hardebalstaduim bereik. Roer na elke 3 min. Meng springmielies en grondboontjies saam., voeg by die karamelstroop, voeg geursel by en meng goed deur (werk vinnig)
Skep mengsel in ‘n gesmeerde bakplaat en maak gelyk. Laat staan tot hard. Breek in stukke en berg in ‘n lugdigte houer. Enige neute kan in die plek van die grondboontjies gebruik word.






