BESSIE SE WILDSVLEIS
Hier is ‘n wildsvleis resep wat almal sal eet. Smeer wildsboud met bietjie kookolie en kook tot net gaar. Sny in skywe en skep in oondbak en gooi sous bo-oor.
Sous is halwe koppie mayonnaize, halwe koppie blatjang en pakkie beesstert sop en een koppie water.
Bak in oond vir ongeveer halfuur by 180 Grade C of mikrogolf op hoog vir ongeveer 20 min.
Bak moet deksel op he.
Sous kan ook bietjie vermeerder as dit vir jou te min lyk.
My man en kinders is mal daaroor! En my gaste!
Resep: Bessie Leeuwner Du Preez








