KAASPOFFERS
3 eetlepels olie
500 ml water
70 g gewone meel
15 g mielieblom
1 teelepel sout
Cayenne peper
2 Eiers
60 g Parmesankaas
Olie vir diepbraai
Giet die water en olie in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Verwyder van die hitte en voeg die meel en mielieblom, gegeur met sout en peper geleidelik daarby terwyl deeglik geroer word. Plaas terug op lae hitte en kook tot dit ‘n stywe beslag vorm wat maklik van die kante en bodem van die kastrol loskom en nie daaraan vasklou nie. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel voor die geklitste eiers geleidelik daarby ingeroer word. Roer laastens die kaas daarby in (ek het Cheddar kaas gebruik). Skep lepels vol in warm olie en diep braai tot goudbruin en bros.
Bron: Adam Cloete.



-300x224.jpg)




