GEVULDE BOTTERSKORSIE EN SLAAI
Hi mensies, ek het ‘n groot huisgesin, so ek het 2 oondpanne gebruik vir die resep.
4 botterskorsies, gehalveer en pitte uitgeskep
olyfolie
groente speserye – Ina Paarman
gaar maalvleis, volgens keuse voorberei
swartpepersous, volgens smaak aangemaak
gerasperde kaas vir oorsprinkel
Plaas die botterskorsie halwes in die oondpanne en smeer met olyf olie aan die bo-kant en in die holte. Sprinkel met die groente speserye, bedek die botterskorsie met foelie en plaas in ‘n voorverhitte oond by 190ºC, bak vir 1 uur.Verwyder die foelie en laat die botterskorsie ‘n rukkie oop bak. Verwyder die botterkorsies uit die oond, skep die maalvleis in die holte van die botterskorsies, skep die pepersous oor die maalvleis en sprinkel kaas bo-oor. Plaas die botterskorsies terug in die oond en bak tot die kaas gesmelt is. Bedien saam met ‘n slaai.
Tamatie-, wortel- en kersieslaai:
3 groot wortels, gerasper
6 tamaties, opgesny
kersies, opgesny
Fetakaas, soveel sooos verkies
Meng die wortel, tamaties, kersies en Fetakaas.
Bedien die slaai met ‘n Griekse vinaigrette slaaisous. Jy kan komkommer en blaarslaai ook byvoeg. dis net so lekker.
Resep en foto: Lindie Viljoen Yates








