Maak ’n vuil mikrogolfoond skoon deur ’n koppie water ’n paar minute lank daarin te kook. Die stoom sal die aanpaksels los maak en dank an jy dit met ’n skoon vadoek uitvee.
Kook ’n halwe suurlemoen in water in die mikrogolfoond en vee die oond dan skoon.
Raak van uie- en knoffelreuke in jou snybord ontslae deur die oppervlak met ’n pasta van koeksoda en water af te vee.
Meng 250 ml asyn, 60 ml koeksoda, 125 ml water en 125 ml skottelgoedwasmiddel. Laat die oond warm word en skakel dit dan af. Maak die oond skoon met die mengsel en vee af met skoon, warm water.
Elna van der Merwe – Uit: Huisgenoot Huiswenke Wat Werk.
Petro Borchard
Ek gooi so 2 koppies wit asyn saam met 1 koppie water in ‘n pot in die oond, laat warm word tot die mengsel begin kook. Skakel af, laat staan vir so 30 minute en vee dan uit. Die asyn los die vetterigheid op. Jy kan ook vir die erge vuilgoed asyn en koeksoda op ‘n sponsie gebruik soos hier bo.







