Sny blokkies hoender,braai lekker saam knoffel en dan gooi jy groterige gesnyde uie en groenrissies by,gooi cashews by en braai so bietjie…dan kan jy sous oorsit- 2eetl soya, 2eetl tamatiesous, bietjie sout na smaak, 4 eetl oestersous en dan bietjie suiker…BAIE lekker..
.dit het nou bietjie suiker in maar jy kan dit vervang met heuning as jy sou wou?En opdien saam met bruin en wilde rys…hmmm…,dis baie lekker,selfs my seuntjie van 3 is gaande daaroor…ons gooi of rissies of bietjie tabasco by die sous,maar dis totaal en al “up to you”…party mense is nie gek na brand goedjies nie.Ek gebruik ook net hoender fillets daarvoor…werk baie lekker! Oe,en dis toe 2 eetl suiker of dan heuning by…Enjoy!
BRON – Shané Du Toit








