TAMATIEBLATJANG MET RISSIES
Resep en foto: Marietjie Nel
FOOD LOVERS RECIPES
1.2 kg tamaties
3 rooi uie
3 brandrissies
600 g geel suiker (gebruik die treacle sugar met syrup)
380 ml rooiwyn asyn
½ koppie Mrs Balls chutney
1 koppie tamatiesous
Worcestersous
Maizena
Sny ‘n kruis net in die vel van die tamatie aan die onderkant en laat lê tamaties en kookwater vir ‘n rukkie. Trek velle van tamaties af.
Kerf alles fyn – tamaties en uie en brandrissie.
Voeg asyn en suiker by.
Kook alles in ‘n groot pot.
Wanneer kookpunt bereik word, draai hitte af en laat prut tot alles lekker fyn en gaar is.
Die tamaties is geneig om water te trek so ek het dit dik gemaak met maizena gemeng met worcestersous.
Prut stadig verder tot dikker.
Bottel in gesteriliseerde bottels en proppe.








