Menigte studente is hiermee aan die lewe gehou as ma dit saam gegee het koshuis toe
Lewer 2 liter
3 kg pruimtamaties
kookolie
500 g uie, in halwe ringe gesny
125 ml appelkooskonfyt
125 ml soetrissiesous
250 ml bruinsuiker
15 ml sout
25 ml matige marsalakerrie
7 ml fyn komyn
5 ml rooipeper
3 lourierblare
1 kg kersietamaties
80 ml koljanderblare
1 kg spaghetti
Ontvel die pruimtamaties, sny ‘n kruisie onder by die punt van elk, plaas vir 2-3 min in kookwater en trek die velletjies af. Sny in stukke.
Verhit die olie in ‘n groot kastrol en soteer die uie tot sag. Meng die res van die bestanddele, buiten die kersietamaties, koljander en spaggeti, en voeg dit saam met die gekapte tamaties by die uie. Laat prut tot die sous geurig en nie meer waterig is nie. Voeg die kersietamaties en fyn gekape kolander by en bring net weer vinnig tot kookpunt. Kook die spagetti n ‘n groot pot kokende soutwater tot al dente (moenie te sag kook nie) Dreineer in ‘n vergiettes. Meng die spaghetti by die tamatiesmoor in. Vou ‘n stuk stewige karton sodat dit ‘n tregter vorm. Dit vergemakik die skep werk sommer baie. Skep die spagettimengsel in goed voorbereide bottels en verseël.








