SLAKKE IN KNOFFEL EN KAASSOUS
Ek gooi water af en braai al die swart water eers af in pan met bietjie botter. Dan maak ek gewone wit sous bietjie loperig met vars fyn knoffel (genoeg)
Gooi alles in platboom swart pot en rasper mozzarella, gouda en feta oor.
Druk pot in oond op 180ºC vir so half uur.. Sit voor saam met rooster brood of vars brodchens.. (Maak dit so, want ons is gewoonlik te veel mense)..Jou slakke is ook baie sag as jy hulle eers potbraai…
Resep en Foto: Malie Louw








