

SJOE SJOE CHUTNEY
6 Groot Sjoe sjoes
Geskil, ontpit en in blokkies gesny
6 groot uie
3 kop asyn
2 teelepels all spice
2 eetlepels Kerrie
2 teelepels borrie
2 koppies suiker
10 heel naeltjies
Halwe teelepel gemmer
Kook Sjoe sjoes sag en hou eenkant.
Gooi al die ander bestandele plus ‘n handvol rosyne in ‘n kastrol en kook tot sag . Kan nog n kop water ook byvoeg sodat dit nie aanbrand nie. As gaar voeg sjoe sjoes by en kook goed deur. Bottel dadelik.
BRON – Henrieta Bester






