

REGTE EGTE BOERE BESKUIT
Ek bak Ina de Villiers se resep uit Kook en Geniet. Die uitgawe wat ek het dateer uit 1958
Verder, dit hang natuurlik af of jy in SA of elders in die wêreld woon – broer het die resep in NZ probeer, maar moes heelwat aanpassings maak om dit te maak werk.
Smelt 1 – 1½ kg botter en voeg 1 ½ koppie gekookte melk, 1 ½ koppie gekookte water daarby.
Plaas 5 kg gesifte koekmeel in ‘n knieskottel. Maak ‘n holte in die middel.
Voeg die bottermengsel, 1 eetlepel sout en 22,5 ml aktiewe droë gis in die holte.
Meng alles goed om ‘n stywe deeg te vorm. Voeg meer meel by indien nodig
Knie baie goed.
Maak goed toe en laat oornag op ‘n warm plek uitrys.
Knie dit die volgende dag af, vorm bolletjies en pak in gesmeerde panne. Laat dit weer tot dubbel die grootte rys.
Smeer ‘n mengsel van eiergeele ‘n melk bo-oor en bak in ‘n warm oond 200 tot 230 ºC (400 tot 450 Fahrenheit.)
Hierdie resep bak 60 min. Omdat dit hoog rys, is dit geneig om bo te brand. Plaas n stuk foelie bo vir 40min en haal af om daarsonder te bak vir die laaste 20 min.
Ek gooi sommer nog ‘n handvol anys ook in.
Foto geplaas deur Lawrence Fortmann
6 thoughts on “REGTE EGTE BOERE BESKUIT”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Geskuif
Ek Wil graag weet vir hoe lank bak jy die beskuit op 200 grade? Dankie
Hi Michelle, ek probeer vir jou uitvind, maar ek sou se dit bak maar soos brood ongeveer ‘n uur, mens moet seker maar toets en seker maak dit is gaar. Sodra ek ‘n antwoord kry sal ek dit vir jou deurgee.
Hier is die antwoord
Hierdie resep bak 60min. Omdat dit hoog rys, is dit geneig om bo te brand. Plaas n stuk foelie bo vir 40min en haal af om daarsonder te bak vir die laaste 20min.
Boerebeskuit is gewoonlik ‘n soet beskuit. Ook suurdeeg het suiker nodig om te rys. Let op dat daar geen suiker of enige versoeting in die resep is nie? Is dit ‘n fout wat begaan is?
Etienne ons het hierdie resep gaan naslaan uit ‘n baie ou kook en geniet en dit is sonder suiker daar ook, so ja, dit is oos hierdie een gemaak word, dit is nie ‘n soet beskuit nie. DAnkie vir jou navraag