

PHYLLO ROLLETJIES
1 kg butternut
1 kg patats
Stoom beide appart met klein bietjie sout, elk in eie pot. Sodra sag, druk lekker fyn met eetlepel vol botter. So jy gaan twee potjies vol hê. Een met patats en een met butternut mash. Geen suiker nie, laat in yskas staan vir so uur om lekker koud te word
Op ‘n sny bord, trek bord oor met cling wrap.
Hou n bakkie gesmelte botter naby met ‘n kwassie vir die phyllo pastry.
Lê soos 4 velle op ‘n slag, en elke vel smeer jy met gesmelte botter, bedek dan met ‘n laag butternut.
Lê weer vier velle bo op dit, en bedek, selfde proses met botter smeer, en bedek daai laag met patats. En gaan jy aan tot butternut ‘n patats op is. Bedek dan weer met phyllo pastry, smeer botter oor laaste laag phyllo en sprinkel met ‘n weelderig hoeveelheid kaneel en bruinsuiker.
Baie versigtig, lig die kleefpapier aan kant naaste aan jou en begin die phyllo rol. Lekker styf rol. Onthou jy rol die phyllo, nie die kleefpapier nie. Dit dien slegs as ‘n meganisme om dit makliker te maak om die phyllo te rol. As dit lekker styf gerol is, vou net die kleef papier oor jou rol en sit weer in die yskas vir so uur. Haal uit en dan sny jy die phyllo lekker skywe. So 3 cm dik. Smeer ‘n pan lekker botter en pak die lae in pan, nie teen mekaar nie. Bedek die skywe met kaneel suiker en giet een houertjie vars room bo oor en bak in die oond, vir so 25 min tot pastry lekker goud bruin is. Bedien saam enige vleis van jou soort as ‘n bygereg.
Resep van Tanya Erasmus






