MIKROGOLF SOUTTERT
250 ml melk
25 ml botter
1 sny witbrood
2 eiers
250 g weense worsies
250 g bacon
1 ui gebraai en gekap
1/2 teelepel sout
1 eetlepel mosterd
Smelt die botter en melk in die mikrogolf en week die brood vir 10 min in die melkmengsel.
Meng die res van die bestanddele met die melkmengsel.
Sit in voorbereide mikrogolf-oondbak en mikrogolf vir 3-4 minute.
Laat staan ‘n rukkie in die mikrogolf om te stol indien nie heeltemal gestol nie. Omdat mikrogolwe verskil moet mens maar hier dekressie gebruik.