

MAKLIKE BEESVLEISPASTEI
Sny vleis in blokkies, braai saam met uie en enige speserye, kaneelstokkie en tamatiepuree.
Gooi kookwater by om te bedek, kook tot sag.
Ek gebruik sampioen sop om dikker te maak, jy kan ook aartappels of groente bysit.
Skep in bak en skep degie (kliek hier vir resep “Lui Huisvrou degie”) oor.
Bak so 45 min op 180ºC. Los die bak oop in die oond.
Resep en foto: Elna Botha






