
Kruie en speserye – Wat gebruik ek waar
Basiliekruid (Basil) – Tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte en slaaie
Borrie (Turmeric) – Kerrie, geelrys
Bronslaai (Watercress) – Slaaie
Chilli – Sterk gegeurde vleis-, vis en groentegeregte
Dragon (Tarragon) – Lamvleis, souse en piekels
Dille (Dill) – piekels, slaaisous, vis- en eiergeregte, ook op toebroodjies. Plaas ‘n paar dill saadjies in ‘n bakkie om te kou na ete.
Foelie (Mace) – Bredies, frikkadelle, roomsouse, hoendervulsels en vrugtekoeke
Gemmer (Ginger) – Soetgebak, kerrie en soet-suur vleisgeregte
Grasuie (Chives) – Slaaie, sop, souse en doopsouse
Kaneel (Cinnamon) – Souse en vrugtegeregte, soetpatats, -pampoen, nageregte, soetgebak
Kappertjiesaad (Capers) – Vis- en ander seekosse
Knoffel (Garlic) – Vleis, vis, groente en slaaie
Koljander (Coriander) – Vleis, droëwors en biltong
Lourierblare (Bay leaves) – Sop, bredies, maalvleis, bobotie, piekels, vis en pastas
Ment (Mint) – Groente, vis en skaapgeregte
Moederkruid (Marjoram) – Sop, bredies and vleisvulsels
Mostert (Mustard) – Vleis, vis, groente, souse en sop
Naeltjies (Cloves) – Hoender-, bees- vark-, vis- en wildsvleisgeregte
Neutmuskaat (Nutmeg) – Vleis, groente en soetgebak
Oreganum (Oregano) – Sop, bredies, slaaie, Italiaanse geregte o.a. pizzas en pastas (wat tamatie bevat) is heerlik op ‘n tamatietoebroodjie
Paprika – Vleisgeregte, groente en slaaie
Peperwortel (Horseradish) – Gebraaide bees en skaap
Petersielie (Parsley) – Sop, vleis, vis, groente, soutgebak, pastas en slaaie
Pimento (Allspice) – Bredies
Rissiepeper (Cayene pepper) – Kaas- en eiergeregte
Roosmaryn (Rosemary) – Vleisgeregte, hoender, sop en souse
Safraan (Saffron) – Rys, vulsels en vleis
Salie (Sage) – Vulsels vir vleis en hoender
Tiemie (Thyme) – Vleis (skaap en hoender), groente en sop
Vinkel (Fennel) – Groente, slaaie en visgeregte
Bron onbekend;
Geplaas deur : Johan Du Preez Snr
Elsabie Templeton: daar is nog enetjie wat jy MOET bysit (en koop!), Gerookte Paprika ….. ongelooflike geur wat dit aan vleis, hoender, kaas & eier geregte gee,






