

KRAKERIGE ROOMYSSKYWE
600 ml dik room
1 blik kondensmelk
3 crunchies (of enige lekkers van keuse)
1 – 2 pakkies tennisbeskuitjies
Voer vierkantige plastiek bak uit met waspapier / foelie / kleefplastiek en pak ‘n laag koekies onder in die bak.
Klits die room en kondensmelk styf en vou die gebreekte lekkers of sjokolade van eie keuse daarby in.
Giet die roommengsel oor die laag koekies en pak ‘n laag weer ‘n koekies bo-op die roommengsel.
Plaas die bak in die vrieskas totdat dit heeeltemal gevries is, verkieslik oornag.
Nota:
Ek hou nie by die hoeveelheid lekkers en sjokolade van die resep nie. Ek gebruik enige tipe wat ek verkies en ook die hoeveelheid soos ek verkies, hierdie een het “Crunchies” en “Astros” in.
Ek het die resep dubbel aangemaak, 5 x “Crunchies” en 2 x boksies “Astros” ingeroer. Ek het al ander lekkers ook gebruik, maar vir my persoonlik vind ek hierdie werk die beste.
Resep en foto 1: Tanya Smith
Marietjie Nel: Ek het daardie roomystert gemaak en het die lekkers en sjokolade vervang met rosyne wat in rumgeursel geweek is en ook kersies bygevoeg. Die tert het nie so lekker gevries soos die oorspronklike resep nie, ek dink die geursel het dit bietjie “soggy” gemaak, maar steeds baie lekker.







Done