KOOS SE “STICKY, TANGY” HOENDER
More Almal
Ek wou gisteraand iets maak wat kan kook/bak terwyl ek gou hospitaal toe gaan vir besoektyd.
Ek besluit toe om die Sticky, Tangy, Spicy hoender wat ek laas probeer aan die gang te kry, want dit bak in die toe bak so 1,5 uur in die oond.
Ek het die sous wat moet saam gaan aan gemaak en die Sesame saad ge “prebake”.
Die hoender in die bak gepak met die sous oor en in die oond gesit op 140ºC.
Vir my seun gesê as ek nie betyds terug is nie, moet hy net die oond af sit na 90 minute.
By die huis gekom het ek die hoender in twee bakke verdeel en die een bak Sesame saad oor gesprinkel en die ander net so in die sous gelos.
Daarna het ek dit op 180ºC gebak vir so 20 minute net tot die kleur reg was.
Nou moet ek sê dit was die lekkerste Sticky, Tangy, Spicy chicken wat ek nog ge-eet het en EK KAN NIE ONTHOU hoeveel van wat alles het ek in gesit nie.
Op die foto kan julle die eind produk sien van altwee.
Ek het sommer met gevoel die volgende in die sous gesit en soos ek kon onthou. Julle kan maar speel ek dink solank jy Mayonnaise, Tamatiesous en blatjang in het, kan enige iets saam gaan
Meng die volgende saam:
2 groot slaailepels Mayonnaise
½ bottel gewone grote original perske blatjang
¼ bottle tamatiesous aangevul met Worcester sauce tot die bottel half is en skud dit goed
Die kleur was nie reg nie toe voeg ek omtrent nog 3 eetlepels tamatiessous by.
Ek het sommer soyasous die wat ons gebruik met Chinese braai by gesit, sommer met die oog.
Sweet and Sour Chinese braaisous, nie die dik een nie ook met gevoel by gesit.
Spur Durky sous omtrent 3 eetlepels.
Spur Peri Peri sous ook so 3 eetlepels.
Nadat ek die hoender in die bak gepak het, het ek die sous oor gegiet en “crushed garlic” oor gestrooi.
So is dit toe oond toe.
Resep en fotos: Koos van der Merwe








