2 kg bruismeel
500 g botter / margarien
2 ½ koppies suiker
½ teelepel bakpoeier
1 teelepel sout
3 eiers
500 ml kookwater
Sny die botter in stukkies in ‘n mengbak.
Voeg die kookwater by en roer tot die botter opgelos is.
Voeg die suiker by en roer verder tot dit ook opgelos is.
Klits die eiers en voeg by die mengsel.
Roer die res van die bestanddele by.
Maak balletjies en bak teen 180ºC vir 15 minute.
Verlaag die hitte na 160ºC en bak ‘n verdere 45 minute.
Laat afkoel, breek in stukke en droog uit.
Bron onbekend
Geplaas deur Adam Cloete
Foto: Alice Meintjes
Foto: Annette Hattingh Scheepers: ek het rosyne en klapper in die beskuit gesit, dit is heerlik.









