

KAMMA PERLEMOEN
Resep: Hannalie Wessels
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het vanaand ‘n resep getoets, ek post hom hier dan sê julle wat julle daarvan dink. Proe vir my meer na kamma alikreukel!
1 pk hoendernoedelsop
500 ml water
1 blik sardyne
500 ml gaar rys
1 eier, geklits
10 ml asyn
1 ui fyngekap tiemie
125 ml kaas
Kook sop en water vir 5 min saam.
Dreineer vis en haal grate uit en maak fyn.
Voeg res van bestanddele by. Roer sop in
Skep in tertbord en bak 15 – 30min by 180°C.






