JOHAN SE MANGO ATJAR
Ek het toe my mango atjar gemaak. My resep.
1 koppie olyfolie
¼ koppie sjineese rissie olie
¼ koppie peri peri olie
¼ koppie avokado olie
2 eetlepels masala kerriepoeier
2 eetlepels borrie
1 eetlepels peri peri
1 teelepel mosterdpoeier
½ teelepel allspice
1 teelepel paprika
2 fyngekapte knoffelhuisies
Sny 3 groen mango soos spanspek en verwyder pitte.
Sprinkel kosher growwesout op, laat staan 24 uur, spoel alle sout af en laat droog vir 24 uur.
Sny mango in 2 cm blokkies en plaas in ‘n bak. Kook die kookolie en ander bestanddele vir 5 min oor lae hitte roer dat dit nie aanbrand.
Giet die mengsel oor die mango blokkies, laat staan in ń koel plek vir 3 dae dat hulle kan trou, dan kan jy dit probeer.
Moet sê die sous het baie lekker geproe maar hulle moet trou tot Sondag.
Foto en resep deur Johan Coetzee