

HEERLIKE VISPASTEI MET PILCHARDS
1 blik pilchards in tamatie sous
1 rol puff pastry
1 ui fyn gekap
1 koppie gaar rys
Sout en pepper
Meng al die bestanddele saam.
Rol die puff pastry uit op die plastiek velletjie waarin dit toe gerol was.
Sprei die mengsel oor die puff pastry uit.
Gebruik die plastiek velletjie as hulpmiddel en rol op soos n rolkoek “Swiss roll”.
Plaas op gesmeerde bakplaat.
Bak teen 180 ºC tot mooi bruin en gaar.
Sny is skywe.
Bedien met groete of slaai.
Resep: Theresa Peel-Van Loggerenberg
Foto: Dorea Fischer






