

HEERLIKE DEEG VIR PASTEIE
4 koppies koekmeel
20 ml bakpoeier
5 ml sout
250 g margarien
250 ml melk
Sif droë bestanddele saam.
Vryf margarien in, meng met vinger punte.
Meng melk goed in.
Plaas in yskas vir 30 min voor gebruik.
Verf deeg met geklitse eier.
Bak by 180ºC vir ongeveer 15 – 25 min hang af van die groote van die pasteie en watse oond jy gebruik.
BRON – Theresa Peel-Van Loggerenberg
FOTO: Adam Cloete







Mareli Dahl
Ek het vandag pasteie gebak. Die pastei deep resep is heerlik ( gebruik altyd die ene op die blog)
https://www.foodloversrecipes.com/…/heerlike-deeg-vir-paste…/
Vir die vulsel het ek oorskiet braai vleis gebruik , met n ui gebraai , groente ingesit , en chutney. Soms sit ek n blokkie stockpot in as die vleis nie baie spices in het nie .
Die vulsel moet nie te waterig wees nie. Ek vries die pasteie dan kan my man etenstyd dit net in die mikrogolf sit