Vir basis, maak koekies fyn in voedselverwerker met staallem. Voeg gemmer by. Smelt botter of margarien en roer dit by die krummels.
Druk n dun laag van die krummelmengsel vas op die boom van gesmeerde 23 cm-losboomkoekpan. Bedek en verkil terwyl die vulsel gemaak word.
Strooi gelatien oor die water en laat dit spons. Klop die roomkaas en voeg lemoen- of suurlemoenskil en- sap en vanieljegeursel by.
Klits eiergele en strooisuiker saam tot ligkleurig en dik en voeg by roomkaasmengsel. Voeg lig geklopte room by. Mikrogolf die gelatienspons 2 minute op medium krag om dit te versag, of los dit op oor kookwater, weg van die stoof.
Giet die gelatien in n egalige straal by die roomkaasmengsel en klop tot dit egalig versprei is. Giet die mengsel oor die basis en plaas dit in die yskas tot gestol. 4-5 uur of oornag. Versier met vrugte.
Foto: Cecelia Gouws









geskuif