YSKAS KAASKOEK

yskas kaaskoek ceceliatested
YSKAS KAASKOEK
Basis:
25 gemmerkoekies
1 teelepels fyn gemmer
100 g botter of margarien
Vulsel:
5 teelepels gelatien
4 eetlepels water
500 g volroom roomkaas
fyn gerasperde skil en sap van 1 lemoen of suurlemoen
1 teelepel vanieljegeursel
3 ekstra-groot eiergele
200 g strooisuiker
250 ml room, lig geklop
2 blikkies ingelegte aarbeie/vars vrugte bv. kiwivrug aarbeie of nektariens as versiering.

Vir basis, maak koekies fyn in voedselverwerker met staallem. Voeg gemmer by. Smelt botter of margarien en roer dit by die krummels.
Druk n dun laag van die krummelmengsel vas op die boom van gesmeerde 23 cm-losboomkoekpan. Bedek en verkil terwyl die vulsel gemaak word.

Strooi gelatien oor die water en laat dit spons. Klop die roomkaas en voeg lemoen- of suurlemoenskil en- sap en vanieljegeursel by.
Klits eiergele en strooisuiker saam tot ligkleurig en dik en voeg by roomkaasmengsel. Voeg lig geklopte room by. Mikrogolf die gelatienspons 2 minute op medium krag om dit te versag, of los dit op oor kookwater, weg van die stoof.
Giet die gelatien in n egalige straal by die roomkaasmengsel en klop tot dit egalig versprei is. Giet die mengsel oor die basis en plaas dit in die yskas tot gestol. 4-5 uur of oornag. Versier met vrugte.
Foto:  Cecelia Gouws‎