

SPAANSE KOEJAWEL POEDING
Neem 1 groot blik koejawels, dreineer die stroop af en maak koejawels fyn.
1 koppie melk vir dun vla gemaak met 20 ml vla poeier, 20 ml suiker, kook saam tot gaar, roer 1 teelepel vanilla in. Indien te dun, kan jy so 10 ml maizena aanmaak met bietjie koue melk en by inmeng en net weer goed deur kook.
1 pakkie rasberry jellie met 1 koppie kookwater aangemaak
1 blikkie kondensmelk ingemeng by koejawels
Meng jellie en vla
Meng alles bymekaar.
Laaste 2 styfgeklopte eier wit, in gemeng by die res, meng goed en sit in yskas tot stol
Resep: Johan Van Niekerk
Foto: Danielle van Wyk – ek het my rou koejawels net bietjie gaar gestoom 🙂 so dis nie so soet soos die geblikte koejawels nie en dit wat ek al geproe het, is HEERLIK! 🙂






