SOEK NOG MEER BEESTONG
2 – 4 beestonge (afhangende van die hoeveelheid mense) –
2 liter water
1 liter soet wyn
2 teelepels Dijon mosterd
2 teelepels heel korrel mosterd
3 eetlepels suiker
1 eetlepels sout
1 eetlepeleps peper
Bring water tot kookpunt
Voeg mostert en speserye by, dan die wyn. Roer goed, maak seker alles is mooi opgelos.
Sit die ongeskilde tonge in die mengsel en kook vir so
4 ure of tot sag. (jy kan ook ‘n stoompot gebruik)
Wanneer tonge sag is, verkoel en skil die tonge. Sny in dun
skyfies.
Sit tonge voor saam met ‘n soet mostert sous.
NS – maak seker die tonge is mooi skoon gemaak, haal al
die kliere uit as jy kan.
Resep geplaas deur Ingrid Els








