

SMELTKOEKIES
180 g botter of margarien
80 ml (45 g) versiersuiker
310 ml (175 g) koekmeel
15 ml vlapoeier
2 ml sout
Klop die botter/margarien en versiersuiker tot romerig.
Sif die meel, vlapoeier en sout saam en voeg by.
Skep mengsel in ‘n spuitsak en spuit op gesmeerde bakplate.
Bak 15 tot 18 min in voorverhitte oond by 160 ºC.
Sit voor as enkel koekies of smeer met appelkooskonfyt of suurlemoenversiersel en plak 2-2 aanmekaar vas.
VARIASIE:
Sjokolade:
Doop een helfte in 50 g gesmelte sjokeolade en laat staan tot hard.
Suurlemoenversiersel:
250 ml versiersuiker
60 g botter of margarien,
5 ml gerasperde suurlemoen skil
30 ml vars suurlemoensap.
Meng al die bestanddele saam tot glad. Plak die koekies aan mekaar vas met versiersel of doop helfte van koekies in mengsel.
Resep en foto: Ronel Muller Thoma






