droë sampioene (by ons in International section in supermark)
soja sous
Week sampioene in net genoeg soja om dit lekker nat te maak. Jy kan altyd nog opgooi as alles geabsorbeer is as te veel en dit mors. Ek week dit vir so 2 ure. Dan dreineer ek dit indien nodig, sprei op bakplaat met bakpapier (belangrik) en droog uit in oond, so ongeveer 120°C vir ‘n paar ure. Dit moet weer kurkdroog wees. Jy kan dit ook na dit gedroog is oornag in die oond los na dit afgesit is. Gooi in jou Thermomix (lees: voedselverwerker wat sy job kan doen). Verpoeier tot dit lekker fyn is. Gooi in botteltjie wat goed seël. Ek gooi so ‘n teelepel in sampioensous of stew of enige iets wat lekker smaak nodig het. Oppas, onthou dit het ekstra sout in, so jou sout moet verminder.
Resep en foto: Kiti de Jager











