MAALVLEIS-EN-ERTJIE PASTEIE
Maak 4 pasteie
30 ml olyfolie,
500 g maalvleis,
1 ui (fyngekap),
2 knoffelhuisies (fyngekap),
1 blik (410g) gekapte tamaties,
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak,
5 ml droe gemengde kruie,
1 blik (410g) ertjies,
3 velle (400g elk) blaardeeg,
1 eier (geklits)
Verhit oond tot 200 grade C
Braai maalvleis tot los en bruin
Voeg ui en knoffel by
Braai verder tot ui sag is
Voeg tamaties by
Geur met sout, swartpeper en kruie
Laat oop kook vir sowat 20 minute
Roer ertjies versigtig deur en laat mengsel *afkoel
Sny vier deegsirkels uit
Skep van die mengsel op een helfte van elke deegsirkel
Smeer rande van deegsirkels met geklitste eier en vou toe
#Druk rande van pasteie goed vas
Verf met geklitste eier
Plaas op uitgevoerde bakplaat
Bak vir 35 minute tot deeg bros en goudbruin is * baie belangrik vir sukses van pasteie om vulsel deeglik af te koel sodat deeg nie nat is nie
# baie belangrik vir sukses van pasteie om deeg goed vas te druk sodat vulsel nie uitloop nie
Geplaas deur Petronella Kleintjie Botha Pieterse








