EIERSLAAI MET JOGURT
porsie vir 4
8 gekookte eiers
1 eetlepel heuning
1 teelepel suurlemoensap
1 teelepel matige kerriepoeier
1/2 koppie griekse jogurt
1/2 koppie mayonnaise
knypie sout
knypie rooipeper
bietjie olie
1 ui fyn gekap
1 selderystingel fyngekap
1 t eelepel vars pietersielie gekap
1/2 rooi soet rissie ontpit en in blokkies gesny
1/2 geel soet rissie ontpit en gekap
3 eetlepel kasjoeneute grofgekap
1 pakkie blaarslaai
Dop die eiers af en sny in kwarte.
Meng die heuning , suurlemoensap en kerrie goed , en roer jogurt en mayonnaise by.
Geur dié sous met met sout en rooipeper.
Verhit ‘n bietjie olie en soteer die ui en seldery tot sag, voeg peitersielie by en soteer nog vir 1 min en verwyder van hitte.
Voeg soetrissies en kasjoeneute by en meng goed.
Roer eiets by die mengsel in.
Sit blaarslaai in borde en skep bo op.
Foto: Rinie Louw









geskuif